Work
alien drome
Alien Drome vir Clor Onder 'n boom sit alien en droom van tentjies blou en strate grou en liedjies laf en kliphard lag Van filosofies dink tot baie drink en roomys eet en al's vergeet van harde pad en baie swot En by die boom steeds aan die droom l alien nou en slaap en ons wa...
Text Size
Mode
alien drome
Alien Drome
vir Clor
Onder 'n boom
sit alien en droom
van tentjies blou
en strate grou
en liedjies laf
en kliphard lag
Van filosofies dink
tot baie drink
en roomys eet
en al's vergeet
van harde pad
en baie swot
En by die boom
steeds aan die droom
lĂȘ alien nou en slaap
en ons wat kyk
sal seker lyk
ons wens ons was ook daar
(c) Slef 2000
