Work
ag hel
Ag hel! Doringdraad Maak my kwaad Die simpel ding Het losgepring En 'n onverdiende gat Uit my nuwe broek se pyp gehak! Nou strompel ek oor Nog 'n geploegde voor En my hart, eens vol moed Pomp nou net moe bloed Want die boer - sonder plan - Het daar oorkant ng 'n draad gespan!...
Text Size
Mode
ag hel
Ag hel!
Doringdraad
Maak my kwaad
Die simpel ding
Het losgepring
En 'n onverdiende gat
Uit my nuwe broek se pyp gehak!
Nou strompel ek oor
Nog 'n geploegde voor
En my hart, eens vol moed
Pomp nou net moeë bloed
Want die boer – sonder plan –
Het daar oorkant nóg 'n draad gespan!
(c) Leoni Venter 13 Oktober 2000
